Die Spesiale Ondersoekeenheid en die Vrystaatse Departement van Gesondheid werk saam om korrupsie in die provinsie te bekamp.

Volgens die Vrystaatse gesondheidsdepartement kennisgewing, is die inisiatief Dinsdag en Woensdag by die CJ Nell-ouditorium in Bloemfontein en sal gesondheidsamptenare oplei om ’n kultuur van integriteit te bou en korrupsie te voorkom.

Die doel is om gesondheidsorg vir almal te verbeter deur korrupsie in die stelsel aan te spreek.

Die provinsiale gesondheidsdepartementhoof, Masechaba Sesing, het gesê dat selfs klein dade van korrupsie groot skade aan die samelewing en staatsbronne kan doen.

Die program is deel van die professionalisering van die staatsdiens en sal landwyd uitgerol word.

error: Inhoud is beskerm !!