Die Vereniging vir Gesondheidsfinansiers, of HFA, het in ‘n petisie vir pres Cyril Ramaphosa gevra om die voorgenome Nasionale Gesondheidsversekering, of NGV, te laat vaar. Die HFA voer aan dit sal inbreuk maak op die regte van alle Suid-Afrikaners deur die land se gesondheidsorgstelsel te verwoes. Craig Comrie, voorsitter van die HFA, het volgens Maroela Media gesê hulle vra die president om die goedkeuring van die wetsontwerp te weerhou op grondwetlike en prosedurale gronde. Hulle waarsku ook dat die organisasie, indien nodig, die wet tot in die Konstitusionele Hof sal betwis.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×