Meer as 1 300 gesondheidsorgwerkers wie se kontrakte onlangs deur die Vrystaatse premier MaQueen Letsoha-Mathae beëindig is, het kamp buite haar kantoor in Bloemfontein opgeslaan.

Central News berig die werkers eis duidelikheid oor hul skielike afdankings en het belowe om te bly totdat hul griewe aangespreek is. Verlede Vrydag het hulle ‘n betoging saam met die EFF buite die premier se kantoor gehou. Die werkers beweer dat Premier Letsoha-Mathae hul pleidooie geïgnoreer het, wat hul oproep vir onmiddellike ingryping en deursigtigheid versterk het.

Volgens ‘n media verklaring van die EFF in die Vrystaat is hierdie besluit, in ‘n tyd waarin Suid-Afrika ‘n wekloosheidskrisses in die gesig staar, niks minder as ekonomiese geweld teen die einste mense wat die regering veronderstel is om te dien.

1 Comment

Comments are closed.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×