Gesondheidssorg in die Vrystaat teleurstellend

‘n 7-Jarige meisie van Parys is steeds in erge pyn nadat sy vir ‘n week lank van hospitaal na hospitaal in die Vrystaat gestuur is nadat sy haar arm gebreek het.

Netwerk24 berig, Ziané van der Merwe, het Maandag haar arm op twee plekke gebreek toe sy oor speelgoed by die dagsorg gestruikel het.

Sy is toe onmiddellik na die staatshospitaal in Parys geneem, waar hulle haar arm slegs in ‘n verband gesit het, en vir haar pynmedikasie gegee het.

Sy moes Dinsdag teruggaan vir X-strale waarna hulle tydelike gips aangesit het en haar na die Kroonstad hospitaal verwys het.

In Kroonstad het hulle ure lank by die Boitumelo-hospitaal gewag voordat sy gesien is.

By dié hospitaal het hulle bloed getrek en haar so seergemaak dat haar linkerpols blou en opgeswel was.

Sy is daarna na die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein oorgeplaas.

Volgens haar ouers was Ziané in Pelonomi van kos weerhou weens leë beloftes oor operasie aan haar arm.

‘n Weldoener sal nou vir Ziané betaal vir ‘n privaat operasie.

Op navraag het Dr. David Motau, hoof van die Vrystaat Gesondheidsdepartement, gesê hulle sal die saak ondersoek en gesê dit is onaanvaarbaar.

Luister na potgooie hieronder