Daar is gister in die parlement vasgesit oor die wetgewing op nasionale gesondheidsversekering. Die DA dreig om hof toe te gaan om die implementering hiervan te stop.
Minister van gesondheid, dokter Aaron Motsoaledi, sê die NGV is ‘n stelsel wat bedoel is om gelykheid tussen ryk en arm in die land te bewerkstellig.
President Cyril Ramaphosa het die NGV-wetsontwerp twee weke voor vanjaar se verkiesing onderteken.