Gesondheidswerker vasgetrek vir die verkoop van vervalste Covid 19 toetsuitslae

‘n Gesondheidswerker by die Parkhurst kliniek in Johannesburg is in hegtenis geneem vir die verkoop van vervalste Covid 19 toetsuitslae. Hy het na bewering die vervalste sertifikate aan toeriste vir 500-rand verkoop.  Die serifikaat het dan aangedui dat die draer daarvan nié Covid 19 het nie,. Hy is gisteraand vasgetrek nadat die Johannesburg metroraad se forensiese ondersoek-eenheid en die metropolisie hom dopgehou het. Die verdagte sal more in die Booysens landdroshof op aanklagte van bedrog verskyn. 

Luister na potgooie hieronder