Gesondheidswerkers wat reeds met die Johnson en Johnson Covid-19 entstof ingeënt is, moet goed gemonitor word

Die Vryheidsfront Plus het versoek dat gesondheidswerkers wat reeds met die Johnson en Johnson Covid-19 entstof ingeënt is, goed gemonitor moet word.

Die Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize het vroeër vandeesweek inentings met die entstof tydelik opgeskort op aanbeveling van die Amerikaanse medisynebeheerliggaam.

Ses gevalle van mense wat bloedklonte ontwikkel het ná die inentings, is in die VSA aangemeld.

Die VF Plus se woordvoerder oor gesondheid, Phillip van Staden sê dit is belangrik dat die bykans 300 000 gesondheidswerkers wat reeds ingeënt is, gemonitor word sodat daar vinnig opgetree kan word indien hulle dieselfde newe-effekte toon.

Luister na potgooie hieronder