‘n Moderne brandwondeenheid by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal is deur die Universiteit van die Witwatersrand geopen.
Die Roy McAlpine-brandwonde-eenheid, ter waarde van R100-miljoen, is die enigste eenheid vir brandwonde, in die openbare gesondheidsdiens, in Gauteng.
Met 12 beddens vir volwassenes en 11 pediatriese beddens is dit toegerus om gespesialiseerde sorg aan 750 pasiënte per jaar te kan verskaf. Volgens die hospitaal sal die eenheid gevorderede mediese behandeling aan hul pasiënte kan voorsien