Die Suid-Afrikaanse regering is gister ondervra oor plaasmoorde, rassekwotas en die Kill the Boer-dreunsang tydens die Verenigde Nasies se Komitee vir die Uitskakeling van Rassediskriminasie of CERD, se hersieningsproses van Suid-Afrika met betrekking tot diskriminasie. Die minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Ronald Lamola, het egter volgehou dat plaasmoorde gewoon geweldsmisdaad is en het ongelykheid as dryfveer blameer vir hierdie misdade. Lamola het verder ontken dat boere in Suid-Afrika geteiken word en die onderwerp eerder verander om te fokus op plaaswerkers wat deur hul werkgewers mishandel word. Die hoof van regsake by die vakbond Solidariteit, Anton van der Bijl, het gesê intussen gaan gesprekke voort teen rassediskriminasie in Suid-Afrika.