Die e-tol is beslis iets van die verlede en finale gesprekke word gevoer om die afskaffing te finaliseer. Dit was die versekering wat die Gautengse LUR vir Vervoer, Kedibone Diale-Tlabela Maandag aan padgebruikers gegee het toe sy die Smarter Mobility kongres in Midrand toegespreek het. Volgens Netwerk 24 is dit nou bykans ‘n jaar sedert die minister van finansies, Enoch Godongwana in Oktober 2022 in sy mediumterym-begrotingsrede aangekondig het dat e-tol afgeskaf gaan word. Intussen sloer die proses en kragtens wetgewing word daar steeds van motoriste verwag om vir e-tol te betaal. Diale-Tlabela het gesê ‘n komitee is gestig om met die afskaffing te help waartydens beslis moet word oor agterstallige skuld asook terugbetalings aan diegene wat jare lank vir e-tol opgedok het. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×