Hierdie week se gesprekke tussen president Cyril Ramaphosa en die leier van die DA, John Steenhuisen, was glo suksesvol. Daar word verwag dat die aankondiging oor die regering van nasionale eenheid se kabinet nog hierdie week sal wees, indien nie reeds vandag, Woensdag, nie.

Ander partye soos onder andere ActionSA het ook hierdie week met die ANC in gesprek getree. Kontroversie het die naweek uitgebreek nadat ʼn brief uitgelek het waarin die DA glo onredelike eise aan die president gestel het in terme van kabinetsposte.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×