Die Valke het tydens ‘n klopjag in Kimberley, in die Noord-kaap beslag gelê op ‘n aansienlike hoeveelheid selfone en skootrekenaars, wat na bewering by die staatsdepartemente in Kimberley gesteel is.

Twee verdagtes is in verband met die gesteelde goedere ter waarde van ongeveer honderd-en-vyftig-duisend rand, by hulle selfoonherstelwinkel in hegtenis geneem.

Kolonel Cherelle Ehlers het verbruikers en winkeleienaars herinner dat die koop, verkoop en berging van gesteelde goedere ‘n kriminele oortreding is, en dat oortreders aangekla sal word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×