Die getal provinsiale en nasionale staatsamptenare wat nou meer as R1 miljoen per jaar verdien, het na meer as 37-duisend kaders gestyg. Maroela media berig die getal sluit uitvoerende hoofde by staatsbeheerde instellings, munisipaliteite en ander staatsagentskappe uit.

Die syfers kom uit ‘n antwoord van Noxolo Kiviet, die minister van staatsdiens en administrasie na ‘n parlementêre vraag van die DA se woordvoerder oor staatsdiens en administrasie, dr Leon Schreiber. Die meer as 37-duisend miljoenêr kaders is nou aansienlik meer as die 10-duisend staatsamptenare wat ‘n dekade gelede hierdie salaris in die sak gesteek het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×