Julius Malema se regspan neem vandag ‘n getuie in die Gelykheidshof in Kaapstad onder kruisverhoor in die haatspraak-saak teen die EFF-leier.

SABC-nuus berig ‘n linguistieke kenner, verbonde aan die Noordwes Universiteit, Karien van den Berg, het getuig dat uitlatings wat Malema in 2022, by ‘n EFF-konferensie in Kaapstad gemaak het, op haatspraak neerkom, en dat dit ook aanhitsing tot geweld behels. Die menseregtekommissie het dieselfde bevindings gemaak, en het destyds gelas dat Malema hierdie uitlatings terugtrek, en om verskoning vra.

Hy het egter versuim om dit te doen. Sy uitlatings het gevolg ná ‘n beweerde rassevoorval by die Hoërskool Brackenfell, toe lede van die gemeenskap en EFF-lede slaags geraak het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×