’n Voormalige parlementslid van Eswatini, Maduduzi Mabuza, se aansoek om met ’n wegneemetes-dieet die res van sy 25 jaar tronkstraf uit te dien, is deur die kommissaris-generaal geweier.

Volgens Swaziland News is Mabuza en sy kollega aangekla van die aanhitsing van geweld.

Gevangenes kon wegneemetes ontvang tot hul skuldigbevinding, maar daarna moet hulle die tronk se kos eet.

Hy is vroeër vanjaar skuldig bevind voordat Mabuza aangevoer het dat ‘n dokter vir hom ‘n spesiale dieet voorgeskryf het, maar die kommissaris-generaal het gesê dat geen dokter kitskos insluitend KFC, McDonalds, Romans ens. sou voorskryf nie.

Hy sal nou die tronk se dieet moet volg, volgens die uitspraak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×