Gevangenes in die Mangaung-tronk by Bloemfontein, sê hulle studies ly skipbreuk, aangesien hul skootrekenaars na bewering weggeneem is.

‘n Gevangene het in ‘n “sterk bewoorde” brief aan Netwerk24 aangevoer, korrektiewe beamptes het glo gesê dat hulle die rekenaars wou nagaan vir onwettige materiaal, insluitend pornografie.

Volgens Singabakho Nxumalo, van die departement van korrektiewe dienste, kan ‘n skootrekenaar net verwyder word indien daar nie bewys
van registrasie by ‘n onderrig-instansie is nie, of as dit vir iets anders as studies gebruik word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×