Dit is belangrik dat gevangenes se reg om te stem gehandhaaf word.

Dit is luidens die adjunkminister van Korrektiewe Dienste, Patekile Holomisa, wat gepraat het tydens die Verkiesingskommissie en die Departement se veldtog om gevangenis in die land se 200 tronke te laat registreer.

Dit is vandag die laaste dag waarop gevangenes kan registreer om te stem.

Holomisa sê die Grondwet maak voorsiening vir gevangenes se politieke regte wat ook deur internasionale wetgewing beskerm word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×