Drie verdagtes is op vrye voet, nadat ‘n skoolhoof en ‘n hekwag by ‘n skool in Virginia beroof is.
Terwyl ouers gister rapporte moes afhaal, het die hekwag nie onraad vermoed toe iemand vroegoggend die hoof wou spreek nie.
Netwerk24 skryf, aldus polisie-kaptein Stephen Thakeng, wou die wag die skoolhoof inlig dat sy voertuig se enjin nie afgeskakel was nie, toe hy deur ‘n onbekende man in die hoof se kantoor ingedwing is.
Die hoof se hande was vasgebind en sy mond toegeplak. Daar was nog twee mans met vuurwapens in die kantoor.
Die rowers het geld geëis, maar het in die hoof se bakkie gevlug, toe hulle niks meer as selfone kon buit nie. Die bakkie is later by ‘n winkelsentrum in Welkom gekry.