Gewapende mans het minstens 21 mense in die noordweste van Nigerië vermoor, in ‘n aanval by ‘n besige mark. Volgens Reuters het een van die markhandelaars, Hussaini
Hasan, bevestig dat 21 mense vermoor is, en dat ‘n aantal vroue en kinders ook deur die bende ontvoer is.

Die aanval volg op vandeesmaand se massa-ontvoering van skoolkinders in Kaduna. Die gewapende mans het ook winkels en voertuie in die omgewing van die mark aan die brand gesteek. Daar word berig ontvoerings deur kriminele bendes wat lospryse eis, het veral in die noorde van Nigerië allerdaags geword.

Gesinne en gemeenskappe moet in meeste gevalle saamspan om lospryse vir die vrylating van geliefdes te kan betaal. Dit lei daartoe dat grond, beeste en graan, dikwels verkoop moet word om genoeg geld hiervoor te bekom

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×