Die groep swaargewapende mans wat sekuriteitsbeamptes aangerand het, toe hulle geld by ‘n OTM in Bethlehem afgelewer het, is ‘n lywige vonnis opgelê.
Hulle het voor die hooggeregshof in Bloemfontein op aanklagte van gewapende roof, poging tot moord en besit van ongelisensieërde vuurwapens en ammunisie tereg gestaan. Die drie is tot onderskeidelik, 25, 20 en 28 jaar tronkstraf gevonnis.
Volgens die provinsiale hoof van die Valke in die Vrystaat sal die uitspraak ‘n sterk ‘n boodskap, dat die polisie toegewyd is om misdaad te bekamp, aan misdadigers stuur.