Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, sê voorvalle van geweld teen lewensmaats is klaarblyklik besig om af te neem, hoewel die aantal gevalle wat aangemeld word, steeds hoog is.
Die SAUK berig Mchunu het ‘n vraag deur die EFF in die parlement beantwoord.
Mchunu kon nie die syfers vir die verskillende rasse gee nie, omdat die misdaad-administrasie-stelsel nie daarvoor voorsiening maak nie. Hy sê die syfer vir vrouemoorde weerspieël gewoonlik die bevolkingsdinamika, waar die meeste slagoffers swart is.