Gewelddadige betogings in QwaQwa het reeds die lewe van minstens twee mense hier geëis.
Die reuse taxi-staking in die Maluti-a-Phofung plaaslike munisipaliteit, word deur erge geweld gekenmerk en het ook die plaaslike ekonomie tot stilstand gedwing.
Moshe Lefuma, DA-raadslid, het gesê die vlak van geweld wat met die jongste staking geassosieer word, wek kommer en is ontstellend.
Alle winkels in Setsing moes hul deure weens die staking sluit.
Lefuma het gesê daar word ‘n dringende beroep op regeringsowerhede gedoen om in te gryp.
Volgens hom moet die Vrystaatse departement van paaie en vervoer, asook die Suid-Afrikaanse polisiediens, hierdie “chaotiese situasie” onder beheer bring.