Gewelddadige betogings op die N8 by Petrusburg in die Vrystaat duur vanoggend voort.

Rosestad 100.6FM-nuus het verneem die pad hier is steeds vir verkeer gesluit.

Ontstoke inwoners van die gebied gooi klippe na motors en vragmotors om die voertuie tot stilstand te dwing.

Hierna word geld van die bestuurder geëis.

Indien die bestuurder weier om geld te gee, word daar gedreig om die voertuig aan die brand te steek.

Die dorp is sedert begin Februarie deur inwonders onder beleg geplaas weens ontevredenheid oor dienslewering in die algemeen, en meer spesifiek oor ‘n ernstige watertekort.

Watertekorte in verskeie kleiner dorpies in die Vrystaat lei die afgelope tyd toenemend tot gewelddadige betogings.

Beurtkrag is een van die grootste sondebokke met betrekking tot watertoevoerprobleme.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×