Gewese assistent van Ace Magashule getuig uit Washington

Die gewese assistent van die voormalige premier van die Vrystaat, Ace Magashule, het uit Amerika via Zoom, in die hoogeregshof in Bloemfontein getuig in die verhoor van Ricardo Mettler.

Mettler word daarvan beskuldig dat hy ‘n Pierneef-skildery ter waarde van miljoene rande, uit die premierskantoor gesteel het.

In haar getuienis het sy gesê sy weet van die meeste geskenke wat Magashule gekry het omdat sy dit in sy kantoor gesit het, sy het egter gesê sy het nog nooit die Pierneef gesien nie, en sover sy weet was die skildery nie ‘n geskenk nie.

Luister na potgooie hieronder