Gewese Noordwes-bestuurder beskuldig van tenderbedrog van byna R6-miljoen

Die Valke het ‘n waarnemende munisipale bestuurder in Noordwes in hegtenis geneem.

Cassius Sebatane Sejake van die Ratlou-munisipaliteit word aangekla van tenderbedrog wat verband hou met kontrakte ter waarde van R5,8-miljoen.

Die beweerde oortredings het tussen 2018 en 2019 plaasgevind.

Die 45-jarige Sejake het gister in die Atamelang-landdroshof verskyn en sal na verwagting vandag om borgtog aansoek doen.

Ratlou word beskou as een van die land se munisipaliteite wat die swakste bestuur word.

Luister na potgooie hieronder