GHOLF – Die 16-jarige Rachel Lee was ook die na die 1ste ronde van die Australiese Ope die voorloper op die Lakes-baan in Sydney.
Lee wat as ’n kwalifiseerder toelating gekry het, het ’n rondte van 67 gespeel wat 6 houe minder-as-baansyfer was.
Die 16-jarige wat deurmekaar geraak het met haar afslaantyd moes haarself na die 1ste bof haas en het ook uiteindelik 8 voëltjies vir die dag ingeryg.
*Die jong Lee se landgenoot Cameron Davis is ook tans 1ste in die manstoernooi en het ’n foutlose rondte van 63 gespeel.