Die 17-jarige Suid-Afrikaanse gholfspeler, Bryan Newman, het ‘n plek verdien by die 153ste Britse Ope op die Royal Portrush-baan in JulIe vanjaar.
Newman het die afgelope naweek die Afrika-amateurkampioenskap op die Leopard Creek-baan gewen wat aan hom die uitnodiging besorg het.
Hy het die Zimbabwiër, Keegan Shutt, met twee houe geklop.
Saam met die uitnodiging na die Britse Ope is Newman ook genooi om in die 130ste Britse Amateurkampioenskap, die Sonskyn Ope se Alfred Dunhill-kampioenskap, die SA Ope en die Waterfall City Toernooi van Kampioene mee te ding.