GHOLF – Na die 1ste dag se spel in die Nedbank Uitdaagtoernooi is 4 spelers gesamentlik voor op 6-minder-as-baansyfer.

Max Homa , Nicolai Højgaard , Vincent Norrman en Dan Bradbury sal vandag wil voortbou op hul spel terwyl die res van die veld in hul nekke gaan blaas.

Dis veral Højgaard wat sy benadering tot die Gary Player-baan verander het waar diè Deen slegs ‘n 55ste plek by verlede jaar se toernooi kon behaal het.  Hy het sy foute van die bof af beperk en ook op minder putjies met sy drywer afgeslaan.

*Hennie du Plessis het die beste onder die Suid-Afrikaners gevaar en is op 70 vier houe agter die voorlopers.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×