GHOLF – Europese Ryderbeker debutant Ludvig Aberg het ’n skitterende 1ste dag op die Wentworth buiteklub gehad toe hy ’n openingsronde van 4-onder-syfer-68 gespeel het in die BMW PGA Kampioenskaps-toernooi.
Die 23-jarige Sweed wat een van Luke Donald se 6 lede van die Europese Ryderbeker span is het ook ’n totaal van 5 voëltjies agtermkeaar laat val op ’n dag wat vir heelwat opwinding gesorg het.
Denemarke se Marcus Helligkilde beklee tans die 1ste plek op ‘n 8-onder syfer-64 terwyl Europese spanmaat Rory McIlroy net gelyk aan baansyfer kon speel.
Die Ryderbeker toernooi slaan op die 29ste September af.