GHOLF – Jaco Ahlers het op die 1ste dag van die Toer Kampioenskap op die Serengeti landgoed gewys waarom hy so voorliefde vir hierdiè baan het toe hy ’n openingsronde van 6-onder-66 gespeel het.
Ahlers het op ’n winderige dag in Kempton Park geen hou aan syfer afgestaan nie terwyl Casey Jarvis , Keenan Davidse en JJ Senekal in sy nek geblaas het net een hou verder terug.
4 spelers wat onder andere Pieter Moolman, Oliver Bekker , Heinrich Bruiners en Jacques Blaauw insluit beklee tans die 3de plek op 4-houe-minder-as-baansyfer.
Diè toernooi met prysgeld van R2 miljoen eindig Sondag.