Die Amerikaanse span geniet tans ‘n gemaklike voorsprong oor die Internasionale span na die eerste rondte van die Presidentsbeker-gholftoernooi.
Die Amerikaners het al vyf vierbalwedstryde by die Royal Montreal-gholfklub gewen.
Drie van die vyf wedstryde het die Amerikaners met een puitjie gewen.
Die grootste oorwinning van die dag behoort aan Scottie Scheffler en Russell Henley, wat Sungjae Im en Tom Kim met drie geklop het.
Die tweede rondte begin om 19:05 Vrydagaand.