Span Amerika het in Montreal hulle tiende agtereenvolgende Presidentebeker titel verower.
Keegan Bradley het die beslissende punt vir die span ingepalm, waar hy vir Kim Si-woo met een verslaan het.
Die Amerikaners het uiteindelik die Internasionale span met 18-komma-vyf teenoor 11-komma-vyf geklop.
Die kaptein van die Amerikaanse span, Jim Furyk het sy span se spel geprys en gesê dat hulle hul harte uitgespeel het.