Die Amerikaanse Ope is die eerste van die gholf-majors wat topgekeurde spelers in die LIV-gholfreeks vrystelling gee vir diè toernooi.

Die VSA se Gholfvereniging het aangekondig dat die voorste speler in die LIV-reeks direk sal kwalifiseer vir die Amerikaanse Ope.

Verder sal die res van Top 10 spelers op die LIV-reeks ranglys op 7 April ‘n plek verdien in die laaste 36-putjie kwalifisering ronde en hoef nie plaaslike kwalifisering rondtes te speel nie.

Die 2025 Amerikaanse Ope sal tussen 12 en 15 Junie by die Oakmont-buiteklub in Pennsilvanië beslis word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×