GHOLF – Na meer as ‘n dekade op die Sonskyn Toer het die Suid-Afrikaner Anthony Michael uiteindelik sy deurbraak gemaak toe hy die Vodacom Origins of Golf  toernooi die afgelope naweek in Dullstroom, Mpumalanga gewen het.

Michael het ‘n finale ronde van 69 houe gespeel vir ‘n groot totaal van 10-onder-baansyfer waar hy een hou voor Herman Loubser en Wynand Dingle geëindig het terwyl  Combrinck Smit die 3de plek ingeneem het op 8-houe-minder-as-baansyfer.

Nog goeie nuus vir Suid-Afrika vanaf die gholfbaan is dat Paula Leto ook haar 1ste titel in 9 jaar op die LPGA toer gewen toe sy Sondag as die Kanadese Vroue Ope kampioen gekroon is.

Die 32-jarige Leto van Kaapstad wat op 19-onder-baansyfer geëindig het was in ekstase oor haar oorwinning in Ottawa nadat sy ook vroeër die jaar haar 1ste professionele titel tuis op die Sonskyn Toer ingepalm het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×