GHOLF – Nick Bachem van Duitsland het ook die afgelope naweek ’n droom debuut gemaak op die DP World Toer toe hy die Johnson Workwear Ope in Steyn City gewen het.
Bachem wat aan slegs sy 10de toernooi deelneem het ’n totaal van 264 houe gespeel vir ’n finale telling van 24-onder-die-baansyfer.
Die Suid-Afrikaners Zander Lombard en Hennie du Plessis was gesamentlik 2de ’n verdere 4 houe terug terwyl landgenoot Ockie Strydom en Ewen Ferguson van Skotland die 3de plek gedeel het op 19-minder-as-baansyfer.