GHOLF – Betogers het spel op die laaste dag van die Travelers-kampioenskap in Cromwell , Connecticut ontwrig toe 6 omgewingsaktiviste op die baan toegesak het met Scottie Scheffler en Tom Kim wat gereed gemaak het vir hul sethoue op die 18de putjie.
Diè 6-tal was gewapen met rookbomme en van hulle het hemde gedra met die slagspreuk “geen gholf op ’n dooie planeet nie” daarop gedruk. Die polisie het gou ’n einde aan diè petalje gemaak met toeskouers wat “VSA” geskree het terwyl diè baan boewe af van die speelveld begelei is.
*Scheffler het nadat die baanbeamptes ’n nuwe putjie-posisie opgestel het voortgegaan om die 1ste uitspeelstryd te wen.