GHOLF –  Dean Burmester het met ’n briljante laaste ronde van 64 verseker dat hy  sy 1ste Joburg Gholf Ope titel met 3 houe kon wen op 18-minder-as-baansyfer.

Vir Thriston Lawrence wat die laaste dag met ’n voorsprong van 3 houe begin het wou niks regloop nie en het hy op ’n droewige 5 oor 75 afgesluit.

Die Sonskyn-reeks veteraan Darren Fichardt het 2de geëindig op 15-onder-syfer terwyl die verdedigende kampioen Dan Bradbury sy laaste ronde afgesluit het in die 3de plek op 13-onder.

*Diè top 3 het dan ook hiermee hul afslaanplekke in die 2024 Britse Ope verseker.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×