GHOLF –  Die Aussie gholfspeler Cameron Smith is ook gefokus om sy land by die 2024 Olimpiese Spele te verteenwoordig.

Die voormalige wêreld nommer 2 bevind homself tans 18de op die ranglys en sal genoeg rangpunte op die plaaslike Tour en vir die Majors moet insamel om ook die vliegtuig na Parys te haal.

Slegs die top 60 kan kwalifiseer vir die Spele en aangesien Smith ook by die LIV-reeks aangesluit het verdien hierdiè spelers nie enige rangpunte nie.

Alhoewel die 4 Majors wel LIV spelers toelaat om aan diè groot toernooie deel te neem kan van hulle wat vrystelling in die verlede ontvang het weens te min rangpunte ook toekomstige goedkeuring geweier word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×