GHOLF – Darren Clarke het ‘n laat aanslag van Padraig Harrington afgeweer om die Senior Ope Kampioenskaps-titel die afgelope naweek op Gleneagles met ‘n telling van 10 minder-as-baansyfer op te raap terwyl Harrington net een hou agter Clarke geëindig het.

Die 53-jarige Clarke het sodoende ook nie net sy eerste senior major kampioenskaps-titel ingepalm nie maar ook die 4de speler in die geskiedenis geword om beide die Ope Kampioenskap en Senior Ope titels te verower. Gary Player, Tom Watson en Bob Charles was die ander spelers wat diè merkwaardige prestasie kon vermag het.

Ernie Els het die beste onder die Suid-Afrikaners gevaar en was saam met 4 ander spelers in die gesamentlike 3de plek op 8 houe-minder-as-baansyfer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×