GHOLF – Na ’n sterk aanslag van sy landgenote kon CJ du Plessis uiteindelik ook sy 1ste Sonskyn Toer titel inpalm toe hy Saterdag die Sunbet Challenge met een hou en ’n telling van 11-onder-syfer by die Wild Coast Sun gholfklub gewen het.
Op die 16de putjie was Du Plessis nog een hou agter Jean Hugo maar met ’n puik arend sake toe gelyk getrek. Daarna het hy op die 18de ’n briljante 7-yster geslaan en die sethou van 12 voet ingerol vir ’n skitter voëltjie en finale ronde van 64 houe.
Neil Schietekat het ‘n 69 gespeel en uiteindelik 4-houe agter Du Plessis in die 3de plek geëindig.