GHOLF –  Austin Eckroat het uiteindelik na 50 toernooie ook vir die 1ste keer met ‘n Amerikaanse PGA-titel weggestap toe hy die Cognizant Classic in Palm Beach, Florida met 3 houe gewen het op -17.

Die laaste ronde is eers Maandag voltooi na gure waar die spelers na sambrele moes gryp. Die Amerikaner het sterk aanslae van die Suid-Afrikaner Erik van Rooyen wat ’n laaste skitter rondte van 63 gespeel het en Aussie Min Woo Lee afgeweer om met die louere te kon wegstap.

*Van Rooyen se landgenoot Garrick Higgo was gesamentlik 16de terwyl nog ‘n Suid-Afrikaner Christiaan Bezuidenhout nie die afsnypunt oorleef het nie.

error: Inhoud is beskerm !!