GHOLF  – Suid-Afrika se “Big Easy” Ernie Els sal ‘n Res-van-die-Wêreld span aanvoer wanneer hulle kragte gaan meet teen ’n span van Amerika en Europa in Desember.

Die Amerikaanse PGA-kampioenereeks kry ’n eie span kompetisie waar spelers van 50 jaar en ouer op die Concession-baan in Bradenton, Florida in aksie gaan wees.

Die Amerikaners word deur Jim Furyk aangevoer terwyl Darren Clarke die leisels vir Europa sal neem.

Die kompetisie sal op dieselfde formaat as die Ryder- en Presidentebeker-toernooi geskoei wees maar word oor 9 putjies beslis met die span wat die meeste punte na 24 wedstryde het wat as die kampioen gekroon sal word.

Hierdiè gholf skouspel vind plaas tussen 7 en 10 Desember.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×