GHOLF – Die Big Easy Ernie Els het sy goeie vorm op die gholfbaan voortgesit toe hy sy 2de toernooi oorwinning in ’n ry behaal het in die Amerikaanse Kampioene-reeks.
Els het Steve Stricker in die uitspeelronde van die American Family Insurance toernooi uitgestof nadat hulle tellings gelykop was op -12.
Die Amerikaner Cameron Percy was 3de met ’n total van -9 terwyl Doug Barron , Stephen Ames en Thomas Bjorn die 4de plek gedeel het 1 hou verder terug.