GHOLF – Europa se Ryderbeker span moes tot op die laaste dag wag om weereens as die kampioen gekroon te word by die Marco Simone-buiteklub in die noord-ooste van Italië.
Luke Donald se span het vier punte in die enkelspel wedstryde benodig om weer met die louere te kon wegstap en uiteindelik geseëvier met ’n telling van 16 ½ – 11 ½.
Vanjaar se toernooi sal veral onthou word vir die Amerikaner Patrick Cantlay se beweerde versoek om betaal te word om vir sy land te speel sowel as Rory McIlroy se relletjie in die parkeerterrein Saterdagaand nadat die einste Cantlay en Wyndham Clark met hom en Matt Fitzpatrick afgereken het.