GHOLF – Die Amerikaner Ally Ewing het ’n voorsprong van ’n skrale 1 hou geniet op die 1ste dag van die Britse Ope gholftoernooi vir vroue op Walton Heath.

Ewing het op die 16de ’n arend behaal en haar rondte uiteindelik op ‘n 4-onder-68 afgesluit met 5 ander spelers wat in haar nek blaas op 69.

Nog 60 spelers het ’n rondte van gelyk-aan-syfer of beter gespeel.

Ewing het reeds 3 oorwinnings op die LPGA Toer behaal. Haar beste vertoning in ’n Major was in 2019 toe sy gesamentlik 6de geëindig het in die Chevron Kampioenskaps-toernooi.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×