GHOLF  – Die Suid-Afrikaner Darren Fichardt het ’n puik openingsronde van 10-onder-syfer 62 gespeel op die 1ste dag van die Stella Artois Spelers Kampioenskaps-toernooi op die Dainfern buiteklub in Johannesburg.

Fichardt het erken dat sy spelpeil die afgelope ruk nie op standaard was nie maar dat hierdiè rondte sowel as die een by die Kaapstad Ope in Februarie sy selfvertroue so bietjie van ’n hupstoot gegee het.

Tristen Strydom is slegs een hou agter Fichardt in die 2de plek terwyl ’n rits spelers soos onder andere Jovan Rebula , Luca Filippi , Dylan Mostert , Albert Venter , Jared Harvey , Luke Jerling en Keagan Thomas saam 3de is op 8-onder-baansyfer

Diè toernooi met prysgeld van R2 miljoen duur tot Sondag.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×