GHOLF – Matt Fitzpatrick het ook gister die Alfred Dunhill Links Kampioenskaps-toernooi met 3 houe voor sy naaste teenstanders gewen.
Die Engelsman wat ook die Amerikaanse Ope laasjaar gewen het was koelkop in diè toernooi wat ook deur gure weer tot net 54 putjies verminder is.
Fitzpatrick het op 19-minder-as-baansyfer klaargemaak gevolg deur landgenote Marcus Armitage en Matthew Southgate en die verdedigende kampioen Ryan Fox.
In die Pro-Am gedeelte van diè toernooi het Fitzpatrick ook puik spel gelewer toe hy saam met sy ma ook met ’n sprankel sege hier kon wegstap.