GHOLF – Nadat Sergio Garcia aanvanklik besluit het om by die LIV-gholfreeks aan te sluit het dit diè Spanjaard en sy Ierse vriend Rory McIlroy se jarelange vriendskap begin versuur.
McIlroy het ook gesê dat sy kollega se besluit om gewig by die Rebelle-reeks in te gooi die wig net verder tussen hulle ingedryf het waarna Rory & Sergio ook mekaar in die media begin aanval het.
Na die PGA-, DP World en LIV-reeks eindelaas besluit het om die strydbyle te begrawe het diè 2 ook nou hul verskille eenkant geskuif en sal weer hul mededingendheid op die baan aan gholf entoesiaste ten toon begin stel.