Die Suid-Afrikaner Garrick Higgo is terug uit die gholf-woestyn nadat hy die Corales Puntacana kampioenskap met ’n enkele hou gewen het.

Hy het sy finale ronde gelyk aan baansyfer gespeel vir ’n groot-totaal van 14-minder-as-baansyfer terwyl sy landgenoot Thomas Aiken die beste gevaar het onder die ander Suid-Afrikaners en met ’n gesamentlike 59ste plek tevrede moes wees.

Higgo wat tans in die Korn Ferry-kwalifiseringreeks speel het sy tweede PGA-titel gewen en sy bankbalans met sowat R13.5 miljoen aangevul en boonop deelname aan die PGA-reeks vir die volgende twee jaar verseker.

Die jong Suid-Afrikaner het aan die einde van 2024 sy PGA-kaart verloor maar nadat hy aan sy swaai verander het en ook beserings  te bowe gekom het is Higgo egter dankbaar dat hy weer volstoom aan sy geliefde sportsoort kan deelneem en ook met ’n  nuwe trofee kan spog.

error: Inhoud is beskerm !!