GHOLF  – Na 4 dae van briljante gholf het een van die gewildste spelers op die Sonskyn Toer ook met die louere weggestap by die Stella Artois Spelers Kampioenskaps-toernooi op die Dainfern buiteklub in Johannesburg.

Kyle Barker het ’n puik laaste ronde van 61 gespeel vir ’n groottotaal van 258 / 30-houe-onder-die-baansyfer.

Casey Jarvis en Peter Karmis het gesamentlik 2de geëindig op 24-minder-as-baansyfer nadat Jarvis ook die laagste telling van 59 houe in die 3de ronde op die Sonskyn Toer Saterdag geëwenaar het saam met diè einste Karmis wat in 2009 by die Lombard Insurance Classic op die Royal Swazi baan ook opgestel het.

Nog ’n Suid-Afrikaner Lyle Rowe en die Amerikaner Dan Erickson het die 3de plek gedeel 1 hou verder terug.

error: Inhoud is beskerm !!